Annette Swart skryf:
“As huiseienaar in Shelley Point is veiligheid vir my, soos ek glo vir elke inwoner, ‘n voorvereiste. Dit is dan ook een van die belangrikste redes waarom ons ons permanent hier wil vestig.
Wat die sekuriteit in Shelley Point betref, sal almal met my saamstem dat dit een van die uniekste plekke in die land is. Nêrens voel ek veiliger as juis hier nie. Wat ek pertinent opgelet het, is dat al die strate dag en nag gepatroleer word, nie net met ‘n voertuig nie, maar ook te voet.
Ek wil ‘n groot dankie sê aan die Hoof van Sekuriteit asook aan al die wagte wat elkeen van ons se veiligheid op die hart dra.”